Info 27 Afrikaans

 

 

 

AS Home ---> Newsletters ---> Info 27 Afrikaans --->

 

 

 

 

Infobrief 27
Augustus 2000

Sterkte vir die laaste skof van 2000!! Weereens wil ek vir u almal dankie sÍ vir die vriendelike en positiewe ontvangs gedurende my besoeke.

Uitvoere - na die res van Afrika en oorsee - is gebeurtenisse waarvan ek deesdae baie gereeld by my kliŽnte hoor!!  Produkte sluit in : Allerlei pale (met verskillende behandelings) ; Dekoratiewe paalmeubels /tuinversierings ; Beddingkante ; Houtwiggies & Paalendversierings ; ens.  Dit is nie vir my bekend wat die omvang hiervan is nie, maar terwille van die aansporingskrag van die syfers kan dit miskien aan SAWPA voorsien word wat dit dan anoniem kan plaas per streek in kub. meters en Rand waardes. Enige  voorstelle?

Alternative Structures is besig om deelname aan oorsese vennootskapsprogramme te ondersoek.  Ntsika tree as fasiliteerder op om besighede gereed te kry vir uitvoer / samewerking met Europese Unie lande. Hulle gebruik geld geskenk deur die EU en baie van die kostes word ook gedek deur die Uitvoerbemarkingsskema van die Departement van Handel en Nywerheid. Kontak jou plaaslike Sakekamer of die skrywer vir meer inligting.
 
Probleme!! Daar is maar altyd in elke bedryf een of ander konflik - soos in die Paalbedryf so ook in die bedryf waarin Alternative Structures  hom begeef. 'n Sekere maatskappy is tans besig om te bemark met produkte en aan kliŽnte waarvan hulle te wete gekom het in die periode wat hulle as 'n sub-kontrakteur opgetree het vir Alternative Structures.  Al die kennis is konfidensieel - in goedertrou en sonder beperkende kontrakte - aan hierdie maatskappy openbaar.  Ons vra dat u asb die saak in die lig sal benader soos wat u dit vir uself sou wou hÍ.
 
 
Die reeks produkte wat Alternative Structures aan die Paalbehandelingsbedryf verskaf, het dramaties uitgebrei sedert November 1993 toe die eerste bestelling van 30,000 Omni-Merkers aan Mondi-Shefeera gelewer is. Die produkreeks bestaan vandag uit: Omni-Merkers ; Omni-Washer ; Omni-45 ; Aluminium-45 ; Rondo-Grip -50mm, -70mm, -90mm & -135mm ; Reghoekige spykerplate ; Spesiale merkers met reeksnommers ; Plate van verskillende vorme en grootes en 'n variasie van inligting vir toetspale of uitvoere ; Diameter maatbande ; Delmhorst vogmeters ; Inkrement bore ; Plat-end bore ; Magneetkop hamers ; Dead blow hamers vir Spykerplate ; Kleurvlaggies en Rubberstempels vir saaghout.

 

Na Info 28

 

 

 

[AS Home] [About Us] [Products & Services] [Product List] [Contact] [Newsletters] [Terms and Conditions]

 

 

[About Us] [Products & Services] [Product List] [Contact] [Newsletters] [Terms and Conditions]

 

 

A site by:
SuproNet

 

© 2004 Alternative Structures.
All rights reserved